Negentig Jaar

Dit, was ‘n aangename, ontspanne aand. Tog, was daar, vir my, ‘n mengsel van dankbaarheid van hartseer en heimweë en nostalgie. Na negentig jaar, die byna einde, van ‘n pad. Die broosheid, van ‘n eertydse reus in die samelewing, nou gereduseer, tot ‘n skaduwee, van vroeër. ‘n Herinnering, die weg van alle vlees. Deur die geraas van groet en gesels en blye weersiens, van kennisse, vriende en familie, het ek tyd om die mense te aanskou en ek herinner my, aan die eerste verjaarsdag waarheen ons uitgenooi was, 25 jaar gelede. Vreemd en onbekend, nog aan baie.

Die agtste Februarie, is dit die verjaarsdag van ons buurman, Önkel Paul. Altyd, ‘n aand om te geniet. Goeie kos en lekker gesels. Hy, ‘n groot gees in die Suid-Amerikaanse Skatkaartspel. Op sy versoek, het die kampioenskappe so plaasgevind, dat die prysuitdeling van die toernooi, saamgeval het met sy verjaarsdagviering, Saterdagaand. Die eerste keer, in baie jare, wat hy nie aktief kon deelneem nie. Van verskeie Suid-Amerikaanse lande, waar daar Duitse gemeenskappe is, was daar dus besoekers, ongeveer vyftig van hulle. Dan, was daar ook agt van sy familie, wat spesiaal, van Duitsland gekom het, vir die dag.

Wat spesiaal was, was sy vier kleinseuns, wat elkeen, ‘n gedeelte van ‘n opsomming oor sy lewe voorgelees het. ‘n Beeld van wat hy met sy ondernemingsgees, bereik het. Groot gewag, is ook gemaak van Oma Inge, al die jare, aan sy sy. Die proviandier (wie het geweet, dat dit die Afrikaans is vir “caterer”?) van die omgewing, se kos was weer uitstekend en om die aand af te sluit, het die twee jong manne, in hul tipiese Duitse uitrustings, weer lekker dansmusiek verskaf.

Nou dat ek daaraan dink, daar was hierdie jaar, geen caipiriñha nie.

Hasta la proxima

Paul word 85

Die Nuwe Huis

´n Yster

14 gedagtes oor “Negentig Jaar

  1. Dit is spesiaal om so lank gespaar te wees. En ek is nuuskierig oor die woord: Ons gebruik spysenier vir caterer, wat vir my net so effens beter op die oor is as proviandier. Ek kry die woord proviandier wel in Ctext se Afrikaanse speltoetser, maar dit voel vir my nie lekker op die tong nie. Nogtans interessant.

    Like

    1. Die WAT gee en priovandier en ook proviandeerder (‘n wisselvorm) aan as “verouderend, ongewoon”. Dis die eerste keer wat ek ook die woord in gebruik sien en op my oor klink dit meer na verskaffer van kosvoorrade, waar spysenier voorbereiding van die kos insluit. Interessante taal wat ons praat en Coetzee, ek verstom my dat jy na al die jare nog so vlot in Afrikaans skryf. Kom die praat nog maklik?

      Liked by 1 person

      1. Ja die Afrikaans kom nog maklik, onthou, ons huistaal is nog Afrikaans en ek dink ons praat dit suiwerder as in Suid-Afrika, Geen “awesomgeid” en ons is nie op “journeys” nie. Luister nogal gereeld kerk uit SA en selfs in die kerke, verstom ek my aan die taalgebruik. Soms het woorde, my ontgaan, die Afrikaanse woorde. Spyseniers, was die woord wat ek vir “caterers” gesoek het, maar toe gee Die Tweetalige Woordeboek van bosman, van der Merwe en Hiemstra my proviandier.

        Liked by 1 person

      2. Provandier is nie verkeerd nie, net nie meer algemeen in gebruik nie. Dis die probleem met gedrukte woordeboeke – hulle word saam met ons oud. Ek gebruik nou meesal die aanlyn woordeboeke beskikbaar op die die VIVA webwerf.

        Like

Praat met my ...