Om Een Skaap te Skeer

Bel my vrind, Nico, my ‘n week of wat gelede. Sien oom nog kans, om skaap te skeer? Die teenvraag. Hoeveel? Net een. Stuur my ‘n foto en vra, wanneer laas is die skaap geskeer, dat ek kan sien of ek wil. Kom die foto terug, hulle sê, verlede jaar, wat nie vir my lyk, na heeltemal, die waarheid nie en ons later sou hoor, dat dit toe byna 2 jaar, was. Weet ek, daardie een, wat lyk na ‘n Corriedale (die swart neus) en ‘n Texel kruising, is die soort, wat mens kan laat sukkel. Hulle, het darem ‘n eie skaapskêr. Gelukig, het ek ‘n splinternuwe plat vyl, waaroor ek toe op die end, baie dankbaar voor was. Ten spyte van die negatiewe, beskou ek dit tog as ‘n uitdaging, om na 23 jaar, te kyk of ek dit nog kan doen. Van ons aankoms in ’94, het ek so vir 3 jaar, vriende se troppie, ongeveer 20 skape, elke jaar geskeer, bygesê, met ‘n elektriese skêr. Handskêr, seker 45 jaar laas gebruik.

Breek Vrydag aan en ons is stiptelik 8 uur, terwyl, daar nog ‘n koeligheid is, by Emma se plek. Sy, nog in haar stalletjie. Slyp die skêr met die vyl, dankie vir hom. Sommer daar op die verdroogde gras en sand, in die koeltetjie, begin die proses. Gelukkig is Nico, byderhand om te help vashou, as Emma nie wil saamwerk nie. Ek dink, wyle Alan Reid, eertydse skeerinstrukteur, wat diep spore met die opleiding van handskeerders, in SA getrap het, het alles met ‘n breë glimlag, daar van bo dopgehou.

Dit het eintlik, toe alles goed afgeloop. Dalk nou nie streng, volgens die regte prosedure nie. Soms, op die hurke en nie regop, soos dit ‘n goeie skeerder, betaam nie, die ou rug, sien. Die rumatiek hand, het gehou. As ek, moet eerlik wees, het die oefening, die hand, dalk goed gedoen.

Gelukkig, het ek my inkopies, by die supermark, gedoen, vroeg. Daardie intieme reuk van skaap en sweet, werk nie so lekker tussen onkundige mense nie. Ek weet nie waarvan hulle, my sou verdink nie, want baie min, ken die reuk van skaap. Met die trollie, so tussen die rakke, hoor ek, señor Danie. Vriendelike Fanny, van die toonbank waar die pos en pakkies is, stop ‘n bekende bruin koevert, in my hande. 2018 se Dohne Merino Joernaal. Gepos, 02/08/2019. Of hy die tweede maand of die agtste maand gepos is, maak nie saak nie, aangename herinneringe, van ‘n skaapras en mense, wat my baie na aan die hart lê en baie goed behandel het. Nog enkele bekende gesigte, ook maar met die merk van 27 jaar se pad gestap. Baie nuwe gesigte, opvolgers en nuwe telers, wat hulle merk maak. Baie dankie Kobus Delport en die personeel van die kantoor, wat my steeds op die adreslys hou, ten spyte van die hoë koste, om daardie joernaal, hier te kry.

Die volgende twee dae, ek het geweet, dat ek ietwat ongewone, oefening gedoen het. Of ek dit weer sal doen? Ek dink tog so, hopelik, dan dalk met ‘n elektriese skêr, wat seker baie onwaarskynlik sal wees.

Hasta la proxima

11 gedagtes oor “Om Een Skaap te Skeer

    1. Behendigheid en/of kuns. Dat dit baie harde werk is, is gewis. As mens goeie opleiding gehad het, maak dit dit darem makliker. Mens moet ook maar in oefening bly, wat ek natuurlik glad nie is nie. Dankie, vir die lees.

      Like

  1. Those were the days. Dis lekker om hier te lees van jou skeerdery. My mond het oop gehang om te sien dat jy met n gewone skaapskêr gesny het. Jy’s baie goed al is jou rug nie meer te goed nie en die rumatiek werk ook in jou hand. Wonder of ek nog n melkbok sal kan uitmelk na al die jare wat ek dit nie gedoen het nie. Daardie jaarblad is te heerlik om te kon kry. Wys jou jy is beslis nog belangrik en op hul lysie. Groete van een boer aan n ander boer in twee verskillende wêrelde.

    Like

    1. Daar iewers, moet iemand met ‘n melkbok wees. Alles, sal seker gemeganiseerd wees, maar jy kan dalk met die hand probeer. Groete, aan jou ook, in die mooiste boerderyland in die wêreld. Hier, is dit ongekend droog en warm.

      Like

      1. Hier is alles meganies nou. Twee spene of te nie! Hier is ook nogal bokboerderye ook. Nee wat ek dink dis genoeg gedoen. Sal maar brei en hekel vir rumatiekvingers. Weet jy , hier is ook dele wat regtig so droog was tot onlangs dat dit as droogtegeteisterde dele verklaar moes word. Probleem is die vrugte lei daaronder en kan nie ontwikkel in die die hitte en droogte nie. Selfs die hitte hier is erger as wat dit moet wees. Ai, nou kla ek, maar ek kry die boere baie jammer want dis meeste intensiewe boerdery wat hul doen. Nou het dit weer so erg gesneeu dat die skaaplammers nie oorleef nie. Boere soek hul troppe op om te red wat hul kan. Groetnis.

        Like

Praat met my ...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s