Sommige mense, werk om te leef en ander leef net om te werk. Hy, geniet sy werk en dit laat hom leef. Ek weet nie, of hy regtig hoef te werk nie, maar dit maak nie saak nie. Sommige van ons, sulkes moet daar wees, se lewe is saai en vervelig. Roetine, roetine en nog roetine. Ander se werk om te LEWE, besorg aan hulle die geleentheid, om dinge te doen en met mense in aanraking te kom, waarvan ons gewone drommels, net kan droom. Die storie, van hierdie vriendskap, gaan nie te lank terug nie. Die jare 2006 en 2007.



Staan ek, dié dag en wag voor die ingenieurswerke, vir iemand, om my op te laai,’n gereëlde oplaai. Kom die vriendelike Duitser, uitgestap en vra of ek ‘n geleentheid iewers heen soek. Nou sy woorde is, dat my glimlag, gelyk het soos ‘n perd wat lag. Ons het begin gesels en het onmiddelik aanklank gevind. Sy Engels, was beter as my Duits en van toe af, was dit ons taal. Claus Christian, vrolik en opgewek, spontaan. Hou van gesels en beduie en weet waarvan hy praat, maar wat belangrik is, hy luister ook en vra uit.

Hy het hom destyds, hier gevestig, om uitsluitlik, Suid-Amerika op sy ysterperd te verken en omdat Paraguay so sentraal geleë is, was dit sy basis. Nadat hy Suid-Amerika beleef het, besluit hy, om hom in die Suide van Spanje te vestig. In ‘n dorpie, Calahonda, tussen Marbella en Målaga, begin ‘n besigheid as toergids om mense, klein geselskappe, nie meer as ses persone, op begeleide toere deur Marokko te neem. Rabat, Casablanca en Marrakesh, is veral die stede, wat hulle besoek. Hy het groot bewondering, vir die uitbreidings, wat daar plaasvind en die eksotiese plekke, wat hulle besoek. ‘n Nismark, wat hy benut, vir toeriste wat al baie gesien het en opsoek is na iets anders. Baie van die Europeërs, van die kouer noordelike dele, het ook huise, in die deel van Spanje, wat hulle in die winter benut. Vir hulle,lewer hy ook ‘n diens, om hulle op die lughawe te kry en te besorg. Help hulle ook, met die invoer van hulle voertuie.
Na sy terugkeer na Europa, laat weet hy, dat daar is weer ‘n vrou in sy lewe is. In 2014, kom hy weer sy ou vriende besoek en bring haar saam. ‘n Verpleeginstruktrise in Ierland, Deirdre, net so spontaan en vriendelik. Die ideale paar. Een van daardie pendelhuwelike, wat baie suksesvol is. Die goedkoop en gereelde lugvervoer, maak, dat hulle pendel, om bymekaar te wees. Ongelukkig, kon sy nie vanjaar se besoek meemaak nie. Ons, sien uit, om haar weer te sien.
My tande is, was, toe al so kort, hy weet seker nie, dat ‘n perd se tande, anders as ander diere s’n, langer word, hoe ouer hulle word nie. Ek, het bloot gelag, omdat ek half geskok was dat ieman my vra, of hy my kan gaan aflaai. Glad nie die gewoonte, van die mense nie. ‘n Voorreg, om hom, as ‘n vriend te hê en dit was goed om hom weer te sien. Vriende is mos daar om die wêreld, net beter, te maak.
Hasta la proxima






Inderdaad. Snaaks, hier is die mense ook nie vriendelik vanself nie. As mens hulle leer ken, is hulle sout van die aarde.
LikeLike
Dis wonderlik. opregte vriende is so skaars soos hoender-tande (of lang perde-tande in jou geval)
LikeLike
Dis lekker om sulke werklike vriende te hê. Dit sê ook baie van jou as mens dat daar mense is wat jou as werklike vriend wil hê.
LikeLike
Vriende, is vir my, belangrik. Ek kan nie verstaan, dat daar mense is, wat geen kontak met iemand, uit hulle verlede het nie.
LikeLike
Baie waar, dis baie belangrik om geesgenote te hê maak nie saak hou lank of kort mens mekaar ken nie.
LikeLike