Hoe beleef ons dit? Niemand hoef of sal vra, wat nie? Ons, is baie bevoorreg. Vir die, wat nie rêrig, ons situasie ken nie.Ongeveer 10 jaar gelede, het ons die boerdery, beeste, tot niet gemaak en die bure, huur nou ons land, soos die Duitsers sê. Ons drie, dit is nou die twee van ons en die dogter van die huis, bly nog in die plaashuis en sy, die dogter, het ‘n werk op ons dorp, Independencia, agt kilometer weg en bedryf ‘n varkboerdery, amper onder ons neuse.
Ons tyd, is ons eie. Nooit, heeltemal nie, maar binne perke van ‘n normale gedissiplineerde lewe. Dit gebeur gereeld, dat ons nie weet watter dag van die week dit is nie. Ons gaan nie eintlik saans uit nie, nagbestuur is nie meer lekker nie. Dorp, die besoek ons, dalk een keer per week of tien dae, soos die behoefte, opduik. Nie nodigheid vir grootskaalse voorraad aankope nie. Trouens, hier, omdat die dorpe nie ver uitmekaar is nie en daar ook ‘n almacen (klein winkeltjie) om elke draai is, bestaan die nodigheid nie om ‘n groot voorraad te koop nie.
In ons omgewing, was daar dus gladnie, ‘n histeriese stormloop nie, ook nie na toiletpapier nie. Sopas weer beelde gesien, van wat in SA aan die gang is voor hulle 21 dae inperking. Skynbaar, was daar een dag, toe die besonderhede van ons inperking, ongeveer tein dae gelede, bekend geword het, ‘n toeloop, van die Duitse inwoners, om hulle bier voorraad aan te vul. Die kwarantyn, word baie streng toegepas. Die eerste nag of twee, was daar ‘n paar jonges, wat iets probeer het, maar is gou vasgevat.
Dat ons ‘n spanningsvolle, stresgevulde tyd beleef, is gewis. Baie se bestaan, is donker en onseker. Ek dink, aan my seun in Dubai. Alle vlugte, gestaak. Die volgende 3 maande, halwe salaris, gelukkig nog vir iets, maar wat dan? Ook kort-kort, berigte van familie se kinders en die van vriende, wat ontslaan is. Hierdie, maak ons lewe stresvol. Die sensasie behepte pers, wat die perd, holrug ry. Sogenaamde kenners, wat “doom en gloom” saai. Elke dag, al dag, maak dat jy onder ‘n bos, wil inkruip en opdrag gee om gewek te word, as die nagmerrie verby is.

Die dogter, van die huis, het ons opdrag gegee, om net hier te bly. Sy gaan elke dag nog werk toe en bring ons benodigdhede saam. So, het ons gevind, dieselfde optrede, van ander familie en vriende se kinders. Wat nogal ‘n riem onder die hart is, want dit is ‘n teken, dat daar omgee, by hulle, is. Laat my baie dink, aan die Vrou van die huis se ma, wat altyd glo gesê het, daar kort ‘n elfde gebod, wat moet lui: Ouers, julle moet jul kinders gehoorsaam.
Dit is, hoe ons, dit hier in die vreemde, wat nou nie meer so vreemd is nie, beleef. Baie sterkte aan almal, wat hierdie beproewing moet oorleef. Ja, daar is mense wat sê, dat dit nodig is, want dit, sal moederaarde, ‘n ruskans gee. Ek weet nie??
Hasta la proxima


Ja wat Oom Daan ons was bevoorreg om ook biki op te stock en nou is ons rustig by die huis. My ma het voor lockdown besluit om n tydjie by ons te besoek en is heel gelukkig om haar hier te he. Die ouetehuis waar sy tuisgaan is heeltmaal op lockdown maar hier het sy darem nog beweegruimte. Vanmiddag braai ons n ou vleisie en verder gaan ons maar ons roetiene van tuinwerk en huiswerk. Baie seeninge om te tel. En tyd vir bietjie introspeksie. Die son skyn en die voeltjies fluit. ek glo die natuur is ook bly vir n ruskans. In China is die lugbesoedeling glo heelwat minder so daar is iets goeds hieruit gebore.
Liefdegroete uit Lofdal Vryheid KZN Suid Afrika
LikeLike
Erik dis goed om te hoor dat moeder daar by julle kan wees. Ouer mense is maar afhanklik van daardie versekering en versorging wat kinders vir hul kan bied.
LikeLike
Erik, baie dankie vir die lees en kommentaar. Goed, dat jou ma, hierdie tyd by julle kan wees. Hoop, sy is geduldig daar. Soms wil hulle mos net teruggaan na hulle portuur toe. Hier het dinge,nie veel verander nie. Hulle gaan die ingrendel, met ‘n week verleng. Ek hoop, die situasie verbeter so, dat dit kan gebeur. Die dagloners, begin swaarkry en sommige begin mor, wat mens kan verstaan, want die geld vir kos raak min. groetnis vir julle en ons mis julle steeds.
LikeLike
Die lockdown het nie juis veel aan my lewe verander tot dusver nie. Ons werk in elk geval van die huis af en die karretjie ry net so eenkeer ‘n week dorp toe. Ek mis net ons strandlopies. Bly om te hoor dit gaan goed daar by julle ook. Hou die blink kant bo.
LikeLike
Dankie en sterkte ook vir julle.
LikeLiked by 1 person
Dis weer n tydperk om te onthou as ons op die stoep sit en terug dink. Dis ook goed om te hoor dat jul dogter kan ry en die belangrikste goedjies kan saambring. My seun en sy vrou is beide noodsaaklike rekanaar diens werkers. Hul werk beide van die huis af. Dit gee my ook gemoedsrus dat hul versorg is. Julle moet ook maar vasbyt en bly hoop vir uitkoms. Groete van huis tot huis.
LikeLike
Hopelik, gaan die tydperk, vinnig verby Goed gaan, daar by julle in Down South ook. Julle is bevoorreg, om in die mooiste land in die wêreld te woon.
LikeLike
Dankie, Dis beslis n mooie wêreld met sy eie geliefde dinge en skoonhede ook seremonies! Ek is bevoorreg om hier te kan wees.
LikeLike