Hovenia

‘n Wyse man, het lank terug gesê, goeie heinings, maak goeie buurmanskap. Soms, is daar ‘n rede, waarom daardie heinings, nie ‘n goeie heining is of goed bly nie en dit is nie net omdat die gras aan die anderkant van die draad groener is nie. Daar is ander smaaklike lekkernye, wat maak dat ‘n bees, sy kop deur die beste heinig sal wurm, rek en strek, om met sy lang tong, die heerlikheid by te kom en uiteindelik die heining sal verwoes. ‘n Samedromming van beeste, onder ‘n boom, met hulle snoete teen die grond, asof hulle staan en een of ander skinnerstorie, in mekaar se ore fluister, sal gewoonlik die Rosyntjieboom, as oorsaak hê. ‘n Onbeduidende klein H-vormige bessie.

Hovenia dulcis (dulce, beteken soet), die spesie, behorend aan die familie Rhamnacea, hou van suurgrond, daarom aard dit goed in hierdie omgewing. ‘n Boom, wat 10-15 meter hoog word. Oorpsronklik, van Oos-Asië. Hoe dit hier beland het en bykans as inheems beskou word, sal niemand weet nie. In elke oorspronklike woud, word daar van hulle aangetref. Voëls en ape, het sekerlik ‘n rol gespeel. Baie vreemde vrugte, het gewoonlik die smaak van iets bekend, maar mens kan net nooit jou “vinger” daarop lê nie. Proe die Hovenia, dadelik weet jy, ‘n lekker soet rosyntjie. Vir ‘n soettand, iets byna onmoontlik, amper te soet. Soetheid, wat weerspieël word, in die plaaslike name. Sugar tree, raisin tree en so in elke taal.

Kruisbessie

Kom die herinneringe, na iets byna soortgelyk. Grewia occidentalis. Kruisbessie. Wat ons saam met ons swart maatjies, ja, dit was nie snaaks nie, baie geeet het, in die rante op Vaalspruit, daar in die Suid-Oos Vrystaat. In die rante, waar dit effe meer beskut was. Die kaal vlaktes eenvoudig te koud. Presies geweet, waar daardie struike gestaan het.

Soos met heelwat plante, word daar mediese eienskappe aan hulle toegedig. Beperk alkolisme Babelaas), baie goed vir die lewer, die sap, vir die skoonmaak van wonde en verskeie ander nuttige gebruike.

As hulle, die bome, naby ‘n grensheining staan, weet dat daardie heining, in die herfs, wanneer die soet vruggies val, bure, gereeld die heinings, moet nagaan.

Hasta la proxima

Een gedagte oor “Hovenia

  1. Klink na n interessante boom vir beeste om rondom te vergader. Het julle in die Vrystaat ook ‘n rosyntjiebos gehad? Ek onthou ons het die vruggies geëet, nie dat hul volgens ek onthou na rosyntjies geproe het nie. Ek het altyd in die somer in die koelte van ‘n rosyntjiebos se skaduwee gesit terwyl ek ons bokke opgepas het in die veld. Daar was nog ‘n wilde struik/bos wat ek nie nou kan onthou nie(ouderdom haal nou my gedagtes in!) Mooi bly. Jul het ook nou winter nê?

    Like

Praat met my ...