Paasfees en chipas is sinoniem. Hierdie week word honderde duisende van chipas oor die land verorber. Paasfees word orals, omtrent op dieselfde manier gevier, maar wat Paraguay onderskei van ander lande, is chipas. Of jy ´n gelowige is of nie, jy sal chipas eet. Die Woensdag voor Goeie Vrydag word daar gemeng, geknie en gebak. …
