Lankal geleer, moenie iemand, dalk ook nie ‘n gebou, op sy baadjie takseer nie. ‘n Ruk terug, vertel iemand ons, van die Duitser, wat sulke lekker gerookte vis en hoender, verkoop. ‘n Paar weke gelede, moet ons vir iemand, in die dorp wag, besluit ons, om hom, te gaan soek. Op die rand van die dorp, sien ons, die klein geboutjie. Kan dit hy wees? Summier, besluit die vrou van die huis, Daar klim ek nie af nie, maar, op die laaste oomblik, kry haar nuuskierigheid, die oorhand en kom sy tog saam.
Wat ‘n vriendelike, amper miniatuur plekkie, met die vriendelike baas, Andreas. Voel sommer tuis. Ons loer en kyk en vra. Die hoender, gerook of rou. Kuikens, koop hy by die koöperasie, maar met sy eie voer, gevoer. Tilapia, uit sy eie visdamme. Ook, gerook of rou. Eie voer. Visfrikadelle. Geflügelsalat mit Pfirsich, Krauterölhappen aus dem Tilapiafilet, Hünchenspiese (sosaties van hoender), sampioene, sommer in die weidings geoes, mits die klimaat reg is en nog ander tipiese Duitse lekkernye. Goeie groente en vrugte van die omgewing. Die geheim, van sy sukses, alles vars, meesal op bestelling. Oop, van Woensdag, tot Saterdagoggend. Vroeg, Woensdagoggend, WhatsApp, met wat beskikbaar is die week. Moenie verbaas wees, as jy nie betyds bespreek en bestel het nie, dat jou lekkerny nie meer beskikbaar sal wees nie.
Tien jaar gelede, het Andreas,hier, gekoop. Een van die baie Duitsers, wat nou nog hierheen kom. Sien swarigheid, vir Duitsland, in die toekoms Was in die bankbedryf en het toe besluit, hy het genoeg van die stres en om hom besig te hou, ses jaar gelede, hierdie bedryf begin.
Dat hy dit geniet en ‘n sukses maak, is gewis. Die hoeveelheid Duitsers, wat ons daar raaklop, is ‘n bewys daarvan. In daardie geboutjie, gebeur die dinge.
Hasta la proxima
Ek sukkel om die foto’s, deel van die blog te maak en met die paragrawe, gaan dit ook maar so. Enige iemand met raad asseblief. Ek is al skaam om te pla.










Sjoe! Lus maak jy my nou vir al hierdie kos!
LikeLike
Jou uitleg is heel goed gedoen. Dit is maar oefen en weer probeer. Mens kan ure sukkel met die goed. Dis goed om te sien dat so n persoon n sukses maak van so n winkeltjie en dat hy dit geniet is n ekstra pluspunt vir hom.
LikeLike
Dankie, vir die lees. Dit gaan elke keer beter.
LikeLike
Beslis, lyk heel goed hoor.
LikeLike
Hoe water my mond nou. Sulke klein besighede kan goudmyne word as hulle goed bedryf word. Ek sal vir jou ‘n bietjie raad stuur oor die foto’s en die maniere wat hulle hanteer kan word op hierdie spesifieke tema. Dit sal nie vandag wees nie, want ons het 2X load shedding vandag, Hou jou Facebook Messenger dop môre of oormôre.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek vorder met die foto’s. Ek dink nogal Andreas se winkel, doen baie goed. Nooit vreeslike groot voorraad nie, dus min vermorsing en goeie reklame met WhatsApp.
LikeLike
Mmmmmm was jy van plan om my te nooi?
Interessant soos altyd
LikeLike
Sjoe, ek kan uiteindelik volg. Geniet die vertelling baie.
LikeLiked by 1 person
Bly jy het dit gevind. Danksy Hester se hulp, kom ek nou beter reg, met die nuwe blog.
LikeLiked by 1 person
Ek is dankbaar, mens moet elke keer as jy begin weer aan die stelsel gewoond raak. Goed om weer van jou te lees.
LikeLike
Dankie, vir die lees.
LikeLiked by 1 person
Ek het jou ook gekry. Waar in die wêreld is die winkel?
LikeLike
Ons woon in Paraguay, in ‘n Duise kolonie, Independencia, maar ons dorp, het die naam, Melgarejo. Die winkeltjie is so op die rand, van die dorp.
LikeLiked by 1 person