Goggas, Bichos en Uras

Alles, is nie altyd, maanskyn en rose nie, hier is heelwat goggas, wat ons pla, soos oral op hierdie liewe aarde van ons. Sommige grillerig, nie vir sensitiewe kykers nie, ander meer van ‘n steurnis en net daar om ons lewe, te versuur. Ander, veroorsaak pynlikhede en ‘n jeukerigheid, wat voel of dit nimmereindigend gaan wees.

Sommige, het nogal mooi klinkende wetenskaplike name. Dermatobia hominis, as die ura, hier bekend. In Engels bekend as the human botfly en die grillerigste van almal. As jy ‘n slapelose nag vol nagmerries wil beleef, gaan Google dit gerus, maar dit sal mense se lus blus. om na Paraguay te kom. My eerste ondervinding, 26 jaar gelede, was as volg. Ek het geglo, dat ek twee, ja 2, pitswere, een op elke been, het. Soms effe pynlik, maar dan weer stil. Op ‘n dag, na ongeveer twee weke se ongemak, kom ons vriend Jacques, hier aan en ek beduie hom. Wag laat ek kyk en hy kom sit voor my. Sit hy, daardie twee groot voorryman duime, weerskante van die gaatjie en begin hy druk en daar verskyn die yslike larwe, so ook by die tweede een. Grillerig, verby. Daar is twee opsies, as jy vermoed, dat daar van hulle op jou lyf is. Los hom doodstil, dat hy maar ryp word en druk hom dan uit, mens begin gewoonlik te gou druk en dan druk jy hom dood en jou liggaam, moet hom in elk geval verwerk, of spuit bietjie wondsproei op die gaatjie. Dit, stuit hom net daar en jou liggaam, verwerk hom met die tyd.

Die volgende, onsmaaklike wettertjie, Tunga penetrans, bekend as ‘n pique, val veral, die voete aan, om die toonnaels en maak hom tuis onder die vel. Die klein vlooi, 1 mm groot, veroorsaak ‘n branderige, jeukerige sensasie, wat minder word, as die vel om sy nes, vereelt. Hy kom veral in sand voor, hoe droeër, hoe meer van hulle. Hy, eintlik is dit die sy, die hy, het lankal sy taak afgehandel en gevrek, word heelwat groter onder die vel met die eiers, wat sy daar voorberei om aan die omgewing te “skenk”. Sodra, die draer, van hom bewus word, sal daar ‘n swart kolletjie voorkom, wat maklik met ‘n naald, dit het baie die sensasie, van ‘n doring, of ‘n naelknipper, verwyder kan word.

Nommer drie, die Mbaraui, van die Mymaridae family en in Engels,bekend as fairyflies, het ek altyd geglo, is onsigbaar, want jy sien hom nie tot Wikipedia, bevestig het, dat hulle van die wêreld se kleinste vlieënde insekte is. Hierdie bôggertjes, is veral, vroegoggend en laatmiddag, baie bedrywig. Kyk, as ‘n muskiet jou byt, jeuk dit vir ‘n halfuur en dan is dit verby, maar hierdie miniatuur een se byte, se jeuk is aanhoudend, veral, as jy gestort of gebad het. Vir’n week of twee. Nuwe aankomelinge, word maklik uitgeken, met die stukkend gekrapte kolle, om die enkels. Na ‘n maand of twee, glo ek, het jou liggaam imuun geraak, want ons ouer inwoners, jeuk nog, maar jy krap jou nie meer stukkend nie. Ongelukkig, het ‘n goeie voorbeeld foto, van my vriend, wyle Daan Dup, verlore geraak.

Dan is daar nog muskiete, minder in die winter. Geen Malaria nie, maar een, wat dengue veroorsaak, Aedes aegyptii.

Ons, wat hier gevestig is, het al met byna, al hierdie peste te doen gehad, maar is nog almal, springlewendig.

Hasta la proxima

Van die fotos en inligting van Google en Wikipedia

10 gedagtes oor “Goggas, Bichos en Uras

    1. Welkom hier, Hilton. Ons kry nie Vicks vapo rub hier nie, maar amper iets soortgelyk. As mens op pensioen is, vermy mens die tye maar wat hulle baie aktief is. Vroegoggend en laatmiddag. Groetnis

      Like

  1. Ja-nee daardie stekende, bytende lêende gediertes is nogal geniepsig. Ken jy mangovlieg? Die ou lê sy eiers op skoon wasgoed wat buite aan draad droog word; veral babadoeke( wat vandag nie meer gebruik word nie!) die eiertjie broei uit en larwe kruip onder die vel in en groeie heerlik gerieflik daar. My seun het op n stadium n hele menigte op sy lyf gehad. Die dokter het goed uitgedruk soos jy ook beduie. Dis blykbaar nie aangenaam nie en jeukerig. Die vlieg het ook sy eiers op honde se lywe gelê en ek het hul sommer uitgedruk as hul bietjie groter is. Hier hetons weer sand flies. Dis vir jou n boggertjie. So klein soos n vlooi en hy suig jou bloed. Waar hy byt jeuk dit en is baie seer. Honde byt gedurig die plekke waar die vlieë gesteek het.

    Like

    1. Daardie Mbaraui, is ook maar die sandvlooi of warm assies, soos ons hulle in SA geken het. Die ura, is baie soos die mangovlieg, net groter, Ja, die goeters, is maar oral. Goedgaan, daar in die mooi land. Dit is, hier by ons, darem ook mooi.

      Like

  2. Hoe lekker gril ek nou waar ek hier vroegoggend nog onder my muskietnet sit. Ja, dis nog vrek koud hier, maar ons muskiete is terug. Dit was nou ‘n baie interessante plasing Danie.

    Like

Lewer kommentaar op Hilton Powell Kanselleer antwoord