Comidas of te wel Kos

Asado, weet ons almal van. Braai, kan hierdie mense. Nou nie soos ons nie, maar vir my lekkerder en beter. Nie so formeel, soos ons etes, waar al die vleis gaar, in skottels, op die tafel moet wees nie. Daaroor, is al genoeg gesê. Heelwat, vreemde resepte, dalk nie so vreemd nie, maar gewoonlik redelik eenvoudig, hier raakgeloop. Wat ook gou duidelik was, dié mense, verkies hul tradisionele geregte en eet nie sommer vreemde disse nie.

Dink, mens moet besef, omdat mandioka (kassawe), die stapelvoedsel is, is die meeste van die resepte gebou om mandiokmeel. Lank gelede, kom die eet van mandioka, onder bespreking. Het een van ons, sowaar die verwaandheid, om te sê: Ons is nog nie so arm, dat ons mandioka, hoef te eet nie. Baie, van hierdie tradisionele disse, het hulle ontstaan, in die diep platteland gehad, waar gebruik moes word, wat beskikbaar is.

Cooked manihot esculenta (cassava, yuca, manioc, mandioca, Brazilian arrowroot) – woody shrub on wooden background. Selective focus

Die dag, begin gewoonlik met maté. Dit is tereré, met byna kokende water,waarop, baie keer, een of ander gestampte soort bossie is, vir hul genesende eienskappe. Wees gewaarsku, daardie water, is warm, baie warm. Die gewoonte is mos dat almal saam drink. ‘n Vroegoggend rit deur die platteland, sien almal, voor hulle huise, rustig suig aan daardie pypie, voor die dagtaak begin. Op warm dae, is die waterkan, vol koue water, die pypie en die guampa, byderhand, vir teetyd en in die middag. Met ontbyt, verkies ander maté cocido. Yerba, in ‘n vuurvaste bord, suiker, word bo-oor gestrooi en ‘n gloeiende kool, word daarin geplaas en versigtig, word die suiker en yerba mengsel, oor die kool gestrooi en beweeg, dat die suiker skroei, die mengsel, word dan in ‘n kastrol met kookwater geplaas en geroer. Sodra, sterk genoeg, word dit versigtig in ‘n koppie geskep en dan so saam met die ontbyt kos gedrink. Melk, is opsioneel. Sien die video onder.

Synde, ‘n soettand, is die droom nog altyd, om die kultuur te verander en die nagereg, die voorgereg te maak. ‘n Ietwat vreemde gereg hier, is groen papaja, in suiker gekook, dulce de mamón. Baie, die smaak van waatlemoenkonfyt. Verbasend, van die mense? Hulle, is gladnie lief vir ryp papaja nie, glo, te soet, maar die groene, doen hulle dit mee. Die soetpapaja, sal ook ‘n lekker konfyt wees, word geeet, as nagereg, met so ‘n sny Paraguaankaas.

Paraguaankaas, is deel van die land se kos toneel. ‘n Spierwit, ongesoute kaas, baie algemeen, wat sy ontstaan op die afgeleë plase gehad het, waar daar soms, ‘n oorskot melk was. Die aktiveerder van die kaas, is ‘n stuk van die bees se maag, wat goed gewas en laat droog is en dan die nodige ensieme het om die melk te aktiveer. Nou is daardie stremsel, in elke winkel, te koop, vloeibaar. Paraguaankaas, word in baie ander disse gebruik. Chipa, sopa paraguaya, chipa guasu, mbeju, bori bori ens ens. Later, gesels ek verder,oor hierdie disse.

Die droom van nagereg, as voorgereg, sal seker nooit bewaarheid word nie, maar ek sal nie sommer moedverloor, om dit te propageer nie.

Hasta la proxima

3 gedagtes oor “Comidas of te wel Kos

  1. Het vermoed ons is geesgenote! Poeding voor kos was nog altyd my ideaal, wat my kinders hier in die VSA een aand saam met vriende vir my verwesenlik het. Die vriende is vooraf gewaarsku en hulle het geesdriftig saamgespeel. Die kelner was ietwat uit die veld geslaan, maar hy het gou herstel en ons ewe sjarmant bedien.

    Like

Praat met my ...