Comidas of te wel Kos (2)

Dit was nou ook al lank gelede, ry Jaco en ek, doer op die die vlaktes van Caazapa. Dit was die tye, toe hy nog ernstig, gespekuleer het, opsoek na kalwers. Vroegoggend, was sy afspraak. Spontaan, word ons ontvang, baie gasvry, soos die mense is. Julle, is welkom, om sommer saam ontbyt te eet. Die beeste, sal nou hier wees. Baie dankie, ja. Nou moet julle weet, ons padkos, by sulke reise, was “clutch plate” (provitas) en gesnyde kaas en ham en ons weet nie wat die dag verder inhou nie.

Die onbyttafel, word voorberei, onder die gras afdak, van die buite kombuis, drink solank saam maté, of was dit cocido? Sien daar is ‘n pot op die kole, waaruit die stoom lui trek. Papborde, en lepels en ‘n groot bak kokitos.word gedek. Laasgenoemde, is soos broodrolletjies, hard en kurkdroog. Toe die tante, ons sit maar hier byderhand, daardie deksel lig, besef ons, dat hierdie, nie normale ontbytkos is, waar aan ons gewoond is nie. ‘n Vaalgrys, sopperigheid, wat on later sou leer, is caldo (sop) de mondongo. Mondongo, skoon,gekrapte deel van die beespens. Ons het vir mekaar geloer, geeet en gesluk, soms twee keer en baie diplomaties, ‘n tweede skep, van die hand gewys. Was toe eintlik maar souserige afval. Ongelukkig die dae toe fone en kameras, nog nie byderhand was nie.

Chinchulin, was/is ook vir ons, ‘n effe vreemde gereg. Dit, is die dunderm van die bees, wat omgedop, goed skoongemaak en dan oor die kole gebraai word. Soms word dit gevul met worsmengsel of gevleg. Moet eerste op die braairooster wees, dan bros en krakerig. As dit nie lank genoeg gebraai het nie, is dit taai en gommerig.

Hoog op die spyskaart, as daar ‘n hongerpyn is, is die empanada, naaste aan ‘n vleispastei. Beesvleis, ham en kaas, hoender, chileens, palmharte ens ens. Word in olie gebak, of in die oond. Ook vreemd vir ons, die hard gekookte eier, wat deel uitmaak, van ‘n empanada. Weet nie, of dit is, omdat hier geen Rennies beskikbaar is nie, maar nog nooit gehoor dat iemand ‘n sooibrand probleem met empanadas het nie. Dalk, die eier?

Of dit ‘n toevalligheid is, weet ek nie. In Suid-Afrika, het ek ‘n voorraad Rennies, in my bakkie, my kar en selfs in my beursie gehad. Vandat ons hier geland het, 26 jaar gelede, nog nie een dag een nodig gehad vir sooibrand nie, wel af en toe, vir die gallerigheid van die overdaad, aan te ryk kos. Wat sou die rede wees?

Hasta la proxima

Sommige van die foto’s, gesteel van Google

4 gedagtes oor “Comidas of te wel Kos (2)

Lewer kommentaar op Lekkervurigeaffêre Kanselleer antwoord