Comidas of te wel Kos (3)

Ontbyt, elke oggend, stiptelik agt uur. Baie min werkers, dit is nou die dele waar met kontant gewasse (Waar kom daardie benaming in die landbou vandaan?) geboer word, soja, mielies, koring ens ens, bly op die plase. Behalwe in die beesstreke, waar die estancias (plase) groot is, bly die werkers, op die plase. Dus, hier in ons omgewing, bring die werkers, elke oggend, hulle ontbyt, van die huis af. Indien ek, in die nabyheid, waar hulle ontbyt eet, sou wees, word ek gereeld, genooi om iets, saam te eet of ‘n beker cocido, saam te drink.

Die populêre en veelsydige kos is tortillas, nie te vergelyk met die Mexicaanse, selfde naam, voedsel nie. Maklik en reg vir ontbyt of eintlik enige ete. ‘n Volle maaltyd, of saam met soyo en/of vori vori (soppe) of sommer om te proe, as die hongerpyne knaag. Byna soos ‘n pannekoekdeeg. Eiers, melk, kaas, meel, gekerfde blaaruie, olie en sout. Die voordeel van tortilla, is dat engiets, wat oorgebly het, van ‘n vorige ete, daarby gemeng kan word. Dus, word niks vermors nie.

Die mense, is ook baie lief vir sop. Vori vori (of bori bori, die mense sukkel om daardie uitsprake tussen die Bee en die Vee, te onderskei) is sop met bees- of hoendervleis. Verkieslik, van ‘n regte werfhoender. Die smaak is skynbaar baie beter, maar as die malers, min en stomp is, verkies ek ‘n braaikuiken. Kenmerkend van die sop, is die mieliemeel bolletjies, daarmee saam. Meng die meel, met van die vleis en groente sous en rol die bolletjies en kook dit dan saam met die res. As iemand, meer sou belangstel, google maar net die name en al die resepte en videos, is daar. Soyo, is ‘n sop met maalvleis, bees en soos enige sop resep, met ‘n verskeidenheid van groentes..

‘n Lekker bykos, of eintlik bykosse, wat byna, maar nie dieselfde is nie, is chipa guasu en sopa paraguaya, wat geen sop is nie. Eersgenoemde, gemaak van vars, sagte mielies, wat van die stronk gesny word. Bestanddele, is die gemaalde, sagte mielies, eiers, melk, uie, paraguaan kaas, sout en peper na smaak. Vroeër, is dit in die tradisionele halfronde, buite oonde gebak, wat ‘n tatuaka genoem word. In die inheemse taal, Guaranie, beteken dit letterlik, die vuur in die gat. Sopa paraguaya, byna dieselfde bestanddele, as bogenoemde, grootste verskil, dat dit met geel mieliemeel gemaak word en dus heelwat droeër is. Op enige tafel, is die kans 99%, dat daar gekookte mandiok, sal wees. So ook, in die mees eksotiese restaurante, is daar ‘n skottel, mandi’o.

Ons kom heel gerieflik reg, met die inheemse disse, dankie. Bekostigbare resepte, met niks snaaks daarin nie. In elke dorp, stad is daar oral kombuise, waar ‘n dis of twee, van die tradisionele kos, gedurende middagete, te kry is, teen baie bekostigbare pryse. Tuis, berei ons dames, steeds ons SA disse voor. Hulle, vind dit vreemd, dat ons groentes versoet, soet wortels, patats en ertjies, ens, maar eet avokadopeer met suiker.

Ses en twintig jaar gelede, met ons aankoms, was dit opmerklik, dat daar baie min oorgewig mense was. Deesdae effe anders. Is dit dalk die verskyning van Macdonalds, Kentucky, Burger King ens?

Hasta la proxima

Sommige foto’s, van Google geleen.

9 gedagtes oor “Comidas of te wel Kos (3)

    1. Ja, ek sal ook piesangslaai vie poeding eet. Vreems, die dulce de leche op brood, maar dit verskil seker nie veel van stroop ne konfyt, op brood nie. Ook hou hulle van suiker op avokadopeer en kan hukke nie glo, as ons bietjie sout op lawwe spanspek eet nie. Volgens hulle gooi jy nie sout op soet nie.

      Like

Lewer kommentaar op Una Kanselleer antwoord