Droogte

Ek hou daarvan om oor positiewe en interessante dinge in ons “nuwe Heimat” te skryf, maar hierdie is nie positief en ook nie interessant nie. Nie lekker om daarvan te vertel nie, veral nie in hierdie morbiede tyd nie, maar dit is die nare werklikheid, wat ons beleef. Die lug gevul met rook, elke dag. Ek, kan nie eers die berge sien nie, dit is sleg. ‘n Flou son, wat soggens, as net ‘n rooi bal opkom, vanaand dieselfde rooi bal wat ondergaan.

Ons is\was bederf. 1500 + mm per jaar. Middel September is dit planttyd. Trekkers met planters, waens met kunsmis. ‘n Gewerskaf, nou, elke dag, net ‘n doodse stilte. Barste, in die klipharde, songebakte grond. Volgens, wyle Ian Tennant, destyds, Ladybrand Koöperasie, se landboukundige, die natuur se manier, om die grond, diep te ploeg. Temperature, tussen 38 en 42 grade Celsius en dit is nou eers Oktober. My geliefde wolke, net weg. ‘n Dorre westewind, wat skroei en verskroei. Voel of daar ‘n woestyn, net oor die bult moet wees. Soms, byna stormsterk. Ons verwag so iets, die sterk wind, net voor ‘n donderbui kom, maar nou, niks, in die lug nie. Net daardie rook, se deinserigheid. Depressiekos, vir die Swart Hond.

Ons hoor die bomberos, moet elke dag 4-5 brande, in die omgewing, help en probeer blus. Volgens die koerante, landswyd, elke dag 8000 vure. Die bomberos (brandweer), ‘n liefdadigheidsorganisasie, gedryf en bedryf, deur mense, wat almal in ‘n beroep staan. Staatmaak op skenkings uit die gemeenskap en die bereidwilligheid van hulle werkgewers, om hulle nou, daagliks, op kort kennisgewing, toe te laat om hierdie noodsaaklike diens, te gaan lewer. In daardie veiligheidsdrag van hulle,, moet dit ‘n baie uitputtende taak wees. Gelukkig, bekom hulle van tyd tot tyd, vanaf Duitsland, voertuie en toerusting, wat daar, van diens onttrek word.

Hardnekkige gerugte, doen hier ook die rondte, dat daar mense, of ‘n organisasie, agter al die brande is. Soos, dat dit ook die geval , in Kalifornië en ‘n 2 – 3 jaar gelede in Australië was. Ook gerugte , dat daar met die natuur gepeuter word, deur mense, met ‘n verskuilde agenda, maar dalk word ek dan uitgekryt, dat ek nou samesweringsteorie verkondig en hopelik, is ons maar net in’n siklus, wat nog al die tyd, in die natuur voorgekom het.

Die riviere se vlakke, die laagste in 70 jaar. Die troos, is dat, dit daarna weer normaal geword het. Ons reënval, vir die jaar, staan nou op 707 mm. Dit was veral Julie, Augustus en September, wat ongekend droog en warm, was. Om naby die gemiddeld te kom, moet ons ten minste die orige 3 maande, naby 700 mm kry. Voer voorrade raak uitgeput en sommige boere, moes al hulle kuddes, drasties verminder. Dankbaar, dat ek nie meer direk betrokke is nie, maar vir die huurders se onthalwe, hoop ek, verligting, is gou daar.

Ons, sien uit daarna, om weer, soos van ouds, vanaand te gaan slaap, geen wolk in die lug nie, 2 uur, hoor ons die donder daar agter die berge en net voor opstaan tyd, hoe hy neersak, sous, dat dit bars. Heerlike dae, maar ek is positief, dit kom weer en dan, kan ‘n deel van Oktober, dalk nog, die mooiste, mooiste maand word.

Hasta la proxima.

2 gedagtes oor “Droogte

  1. Dit maak mens sommer morbied as die so brand en droog is. Hier het juis n hele vakansiedorpie afgebrand. Gelukkig niemand dood of beseer nie. Moes moontlik twee kragdrade gewees het wat deur wind teen mekaar gestamp het wat die vlam veroorsaak het. Die wind is deesdae ongewoon woes en waai in alle rigtings. Hoop regtig daar kom vinnig reën om te help dat vuur geblus word.

    Like

Lewer kommentaar op Lekkervurigeaffêre Kanselleer antwoord