Eet ontbyt, soos ‘n koning, middagete soos ‘n prins en aandete soos ‘n behoeftige. Dit is wat die deskundiges, oorgewig mense, aanbeveel. Ek het natuurlik geen idee van konings en prinse se etes nie, maar ek kan my indink, waaruit ‘n armlastige, se etes moet bestaan. Aangesien ons, in ‘n Duitse kolonie woonagtig is, het verskeie mense my nou al gevra, waruit bestaan hulle onbyt.
Ek kom nou nie gereeld, ontbyt tyd by die vriende en/of bure nie, maar die paar, by wie ek daardie tyd, om een of ander rede kom, nooi altyd hartlik om saam te eet. Al het ek klaar ontbyt gehad, is dit tog lekker om hier en daar aan iets te knibbel.
Moes die afgelope week, vroegoggend, by die bure wees. Mieliepap, bestaan nie. Is mos maar net in Afrika, waar pap, menskos is. Merk tog op, dat daar op die kombuiskas, van die normale ontbytgrane is. Seker vir spesiale gaste. Hy, besig met so ‘n miniatuur waatlemoentjie, die tyd van die jaar, wil hulle mos nie meer groot word nie. Die gebruik, sny die kop af en dan word hy met ‘n lepel leeggemaak. Erika se heerlike varsgebakte bruinbrood, treiter my, hier vlak voor my. Met die glutending, is dit ‘n groot selfbeheersing. Hulle, die Duitsers, eet nie sommer witbrood nie.


Die verskeidenheid, wat met daardie brood saamgaan, is redelik groot. Vyf soorte konfyt, almal tuisgemaak. Aarbei, koejawel, pruim, grosella en acerola (so ‘n klein kersie agtige vruggie). Oor die laaste twee, kyk maar by die argief van my oublogs, sou iemand, belangstel. Die keuse by vleisafkoms, is gerookte ham, ‘n vleispatee en ‘n salamien. Kase, ook genoeg om van te kies. Standaard Paraguaan kaas, selfgemaak, gekoopte soetmelkkaas, Kochkäse, Pibliskäse, smeerkaas, dikmelkkaas, room en botter. Heelwat, verkies room bo botter, as smeer. Alles, behalwe die gekoopte kaas, sê Horst, van Daidie, soos Erika bekendstaan, se Jerseykoei. Natuurlik, ‘n bak met gekookte eiers en ‘n termosfles, met kookwater en een met warm melk, om jou eie koffie of tee te skink, na jou smaak.




Kenmerkend ook, die gebrek aan borde, by die ontbyt. Die tradisie, is, sulke plat plankies, waarop alles gedoen word. Ek dink nogal, in die dae toe daar nog dissipline toegepas is, kon hy anders, ook, aangewend word.
Dalk nou nie ‘n koning se ontbyt nie, maar dat dit ‘n belangrike ete is en genoeg om die Bauer, dit is nou die boer te laat gaan tot middagete, is so. Niemand, hoef in die hartlike atmosfeer, van daardie tafel, honger op te staan nie.
Hasta la proxima

Lyk tog soos n koniklike ontbyt. Alles wat nodig is is op die tafel. Die fotos wys ook dis n gesellige, kleurvolle tafel waar geeet word.
LikeLike