Kos en Kultuur

Na ‘n heerlike bord, of was dit twee, van vissop, voorberei, deur die dogter van die huis, raak ons aan die gesels oor die verskille in kos en veral die braai van vleis, in hierdie land, wat ons na 28 jaar as ons tuisland kan beskou. Terloops, op Goeie Vrydag, word daar geen rooivleis, geeet nie. Slegs vis en hoender.

Vissop, wie in SA maak vissop? Dalk mense langs die kus, waar vis volop is. In die binneland, weet ek, van baie min mense, wat dit doen. Allermins, van varswatervis. Hier is varswatervis, volop weens die beskikbaarheid daarvan, uit die magdom riviere, spruite en groot damme. Natuurlik, uit die damme, van vistelers oral, meesal tilapia. Vis, nou nie seevis nie,maar met ‘n goeie smaak. Gladnie enige teken van ‘n modder smaak nie. Vis, is gewild, gebraai en as sop, nou nie soos bees, hoender en vark nie, maar word gereeld geeet.. See vis is duur, weens die afstand van die see.

Beesvleis, bly die gewildste. Met ons aankoms, lank gelede, sommer die eerste vleisbraai, waarheen ons genooi is, was die algemene gevoel, die mense weet niks van vleisbraai nie. Dalk, effe onopgevoed, kyk die hompe vleis. Dit word mos nie so gedoen nie. Waar is elkeen se porsie? Gou, agtergekom, hier werk dit nie so nie. Die gaste sit aan en die braaier kom verby, met die vleis aan ‘n spies en elke gas, beduie, wat van daardie vleis, hy verkies. Die vet, aan die kant, goed gaar, soos aan die buitekant, effe rouer en goed rooi, vir elkeen na sy smaak. Nie groot stukke nie, want nou-nou kom hy weer verby. Pal lekker warm vleis in jou bord. ‘n Yslike T-been in jou bord en half geeet, dan is die res yskoud. Wors en wat ookal beskikbaar is word, ook so bedien. Snitte, wat ook vir ons vreemd was, is die liefde vir rib en en die diklies.

Varkvleis is volop. Persoonlike beswaar is, die moderne varke, word geteel, vir meer vleis en minder spek. Kan droog wees en lekker kaiings raak skaars. Omdat die plaaslike mense lief was/is om met varkvet te kook, kla hulle ook daaroor. Dit word goed gaar gemaak.

Skaapvleis is nog onbekend hier en daar, is ‘n groot toekoms daarvoor, ten spyte, van ‘n vooroordel teen skaapvleis. Baie mense, erken, dat hulle nog nooit, skaap, geeet het nie. Soms hoor jy ‘n beswaar van die kliere. Vra dan wat se kliere? Niemand kan jou werklik antwoord nie.

Maak nie saak hoeveel slaaie en ander bykos daar is nie, maar mandioka en ‘n stukkie brood, moet daar wees.

Ons geniet die kos hier. Die meeste van ons het effe van ‘n beswaar, oor die groot voorkeur vir komyn, maar dit is nie te erg nie.

Hasta la proxima.

2 gedagtes oor “Kos en Kultuur

  1. Skielik gaan daar vir my ‘n liggie aan oor iets wat ek wel weet, maar nie kliek nie. Varke met minder vet en lendetjoppies wat altyd vir my so lekker was rn nou so droog is. Ek verkies ook die vetter snitte.

    Like

Lewer kommentaar op Una Kanselleer antwoord