Na 'n heerlike bord, of was dit twee, van vissop, voorberei, deur die dogter van die huis, raak ons aan die gesels oor die verskille in kos en veral die braai van vleis, in hierdie land, wat ons na 28 jaar as ons tuisland kan beskou. Terloops, op Goeie Vrydag, word daar geen rooivleis, geeet …
Kategorie: Uncategorized
Frühstück
Eet ontbyt, soos 'n koning, middagete soos 'n prins en aandete soos 'n behoeftige. Dit is wat die deskundiges, oorgewig mense, aanbeveel. Ek het natuurlik geen idee van konings en prinse se etes nie, maar ek kan my indink, waaruit 'n armlastige, se etes moet bestaan. Aangesien ons, in 'n Duitse kolonie woonagtig is, het …
Die Lekker Kuierplek
Vroeër, waar sien ons mekaar vir 'n koffie? Weet nie regtig, waar nie? 'n Plek of twee, maar dan weet ons nie altyd, wat jy saam met die koffie neem, baie vars is nie? Dalk nog die oorblyfsels, van die naweek se bestelling en baie beperk. Nou, is dit 'n uitgemaakte saak. Daar is eintlik …
Droogte
Ek hou daarvan om oor positiewe en interessante dinge in ons “nuwe Heimat” te skryf, maar hierdie is nie positief en ook nie interessant nie. Nie lekker om daarvan te vertel nie, veral nie in hierdie morbiede tyd nie, maar dit is die nare werklikheid, wat ons beleef. Die lug gevul met rook, elke dag. …
Om Een Skaap te Skeer
Bel my vrind, Nico, my 'n week of wat gelede. Sien oom nog kans, om skaap te skeer? Die teenvraag. Hoeveel? Net een. Stuur my 'n foto en vra, wanneer laas is die skaap geskeer, dat ek kan sien of ek wil. Kom die foto terug, hulle sê, verlede jaar, wat nie vir my lyk, …
Comidas of te wel Kos (3)
Ontbyt, elke oggend, stiptelik agt uur. Baie min werkers, dit is nou die dele waar met kontant gewasse (Waar kom daardie benaming in die landbou vandaan?) geboer word, soja, mielies, koring ens ens, bly op die plase. Behalwe in die beesstreke, waar die estancias (plase) groot is, bly die werkers, op die plase. Dus, hier …
Comidas of te wel Kos (2)
Dit was nou ook al lank gelede, ry Jaco en ek, doer op die die vlaktes van Caazapa. Dit was die tye, toe hy nog ernstig, gespekuleer het, opsoek na kalwers. Vroegoggend, was sy afspraak. Spontaan, word ons ontvang, baie gasvry, soos die mense is. Julle, is welkom, om sommer saam ontbyt te eet. Die …
Comidas of te wel Kos
Asado, weet ons almal van. Braai, kan hierdie mense. Nou nie soos ons nie, maar vir my lekkerder en beter. Nie so formeel, soos ons etes, waar al die vleis gaar, in skottels, op die tafel moet wees nie. Daaroor, is al genoeg gesê. Heelwat, vreemde resepte, dalk nie so vreemd nie, maar gewoonlik redelik …
Goggas, Bichos en Uras
Alles, is nie altyd, maanskyn en rose nie, hier is heelwat goggas, wat ons pla, soos oral op hierdie liewe aarde van ons. Sommige grillerig, nie vir sensitiewe kykers nie, ander meer van 'n steurnis en net daar om ons lewe, te versuur. Ander, veroorsaak pynlikhede en 'n jeukerigheid, wat voel of dit nimmereindigend gaan …
Vrugte
My groot voorouers, aan pa se kant, was oorspronklik van Oudtshoorn. Vrugte wêreld. Oorlewering, ek het geen rede om dit, nie te glo nie, wil dit hê, dat oumagroot, verantwoordelik was vir die trek. Sy, het blykbaar genoeg gehad, van sekere van oupagroot, se gewoontes. Soos dit in enige normale huwelik gaan, was daar dalk, …
