Ons weervoorspelling, is redelik akkuraat. Dalk nie so 100% korrek met die neerslag nie, maar gewoonlik, of baie maal meer as die hoeveelheid voorspel. Die plaaslike koerant, se Facebook blad, hou ons op hoogte, as hulle dink dat daar stormweer oppad is. Die hoë reënval, trope, is gewoond aan, ‘n stormagtigheid, soms, voor die reën uitsak.

Verlede Donderdag, laat middag, skemer, net voor ons bottie-vat-tyd, kyk ons het mos gelukkig geen beperking op die koop en verbruik van alkohol nie, sien ons die weerligte uitslaan. In die suidweste. Geleidelik, kom hulle nader en begin daar so ‘n fyn reëntjie uitsak, noem een toe, dit is nou gaaf, as hy so saggies, sonder wind en drama, begin. Hoe verkeerd, kan ‘n mens wees? Deur die groot stoepvensters, hou ons die vertoning van die weerligte dop. Wat ‘n skouspel. Die krag, knip een keer en ons, is in donkerte gehul. Ek dink terug, aan ‘n vorige keer, 1999. Ook daardie weerligte, aanhoudend, wat ontaard het, in ‘n nagmerrie. Geen nodigheid, vir lig nie. Dit lyk, asof hy, wes van ons gaan verby skuif. Weer verkeerd.


Ons hoor hom aankom en die volgende oomblik, slaan hy in alle geweld toe. Stortreën en takke wat kraak. Die huis se dak wat steun, amper onhoorbaar, bo die lawaai. Onlangs, is die ou hout dakteëls, met sink vervang en daar was nog geen volbloed storm nie. Gaan hy hou? Droeë takke, wat op die dak gesmyt word. Is dit, ‘n sink, wat waai? Senuagtig, loop ek van venster tot venster. Lig na buite met my flits. Here, bewaar ons vanaand en almal in die omgewing. Iewers klap-klap ‘n sink. Gaan hy bly? Gewoonlik, wanneer een gaan, volg ‘n kettingreaksie. Die helse lawaai, hou net aan en aan. Voel asof dit ‘n ewigheid is.
Geleidelik, bedaar die wind. Die stortreën duur voort. Verligting. Dankbaarheid, vir die verligting en daar is geen duidelike skade nie. Môre, met dagbreek, sal ons sien, wat die werklike skade is.
Vroeg, Vrydagoggend, in die skemer, met ‘n sambreel, in die reën wat nog onophoudelik neersif, sien ek gelukkig dat die skade minimaal is. Behalwe, vir ‘n paar takke en ‘n ou boom of twee, wat voor die aanslag geswig het en ‘n dak van die dogter se een varkhok, wat gefaal het en gelukkig geen ongeval tot gevolg gehad het nie, kan ons net dankbaar wees.

Dan besef ons, dat die groot stres oorsaak, net ongeveer 10 minute geduur het. Skink ons maar nog ‘n dop, om die senuwees te kalmeer.
Hasta la proxima

Sjoe, dit lyk erg. Mooi vertel.
LikeLike
Mens kan nie met die natuur kompeteer as dit met weerlig, wind en reën gepaard gaan nie. Bly die huis se dak het gehou. Nou sal hy nie sommer afwaai nie.
LikeLike
Dis senutergend. Ek sou ook gegryp het na ‘n vinnige sluk van die bottie. Ek is bly julle het nie erge skade gehad nie.
LikeLike